SA groet musiek- en teaterlegende Soli Philander

Soli Philander is Woensdag, 4 Maart, oorlede.

Suid-Afrikaners was Donderdagoggend geskok toe hulle wakker word met die hartseer nuus van die afsterwe van die geliefde vermaaklikheidster, Soli Philander.

Talle Facebook-plasings het van die hartseer oor sy dood getuig, terwyl huldeblyke ingestroom het vir die 65-jarige komediant, akteur en storieverteller van Elsiesrivier.

Die nuus is laat Woensdagaand bevestig deur die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, wat Philander beskryf het as ’n kunstenaar wat “die seldsame gawe besit het om mense te laat lag deur ons te herinner aan wie ons is”.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie