Naweeknuus: Dís wat jy als moet weet

Patrice Motsepe.

Suid-Afrika wat hom toenemend weg posisioneer van ’n eens stoere bondgenootskap met Iran, die sakeman Patrice Motsepe ontken weer dat hy ANC-leier wil word en die eerste ANC-poltikus wat vir staatskaping tronk toe gestuur is, is van die nuus wat die naweek inlei. ’n Lions-rugbyspeler was ook Vrydag in die hof op ’n klag van aanranding.

Ronald Lamola, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge, het gewaarsku dat Amerika, Israel en Iran internasionale reg oortree met hul Midde Oosterse konflik. Hy het het gevra dat ’n onderhandelde oplossing bereik word. Intussen het een van die lande wat ook onder Iran se teenaanvalle deurgeloop het, Katar, se olieminister Sada bin Sherida Al Kaabi, gewaarsku daar negatiewe gevolge vir die hele wêreld gaan wees indien die golfstate alle olieproduksie opskort. Hy het gewaarsku dit kan binne weke gebeur as die konflik voortduur.

Pres. Donald Trump het aangedui Amerika stel nie meer in onderhandelinge met Iran belang nie en eis dat die land “onvoorwaardelik oorgee”. Amerika verklaar hy het reeds meer as 2 000 teikens in Iran getref en Israel maak aanspraak op 5 000. ’n Peiling in Brittanje wys dat net ’n vyfde van Britte deelname aan die konflik sal ondersteun.

Al is daar reeds ’n veldtog aan die gang met ’n webwerf en al, ontken Patrice Motsepe, sakemagnaat en swaer van pres. Cyril Ramaphosa, dat hy beskikbaar is vir die ANC-leierskap. Hy het dit reeds voorheen ontken, maar woordvoerders van die “veldtog” het die afgelope week bevestig hulle is besig daarmee. Motsepe het Vrydag genoem dat hyself nie deel van die veldtog is nie.

Die eerste ANC-misdadiger wat vir staatskaping tronk toe gestuur is, is die voormalige LP Vincent Smit. Hy het erken dat hy omkoopgeld van die omstrede maatskappy Bossa ontvang het en is ingevolge ’n pleitooreenkoms vir effektief sewe jaar gevonnis. Dit is met vyf jaar nadat etlike gelyklopende vonnisse van 12 jaar opgeskort is.

Rugbyspeler Bronson Mills oefen saam met sy Lions-spanmaats.
Rugbyspeler Bronson Mills oefen saam met sy Lions-spanmaats. FOTO: Facebook.

Bronsosn Mills, 22 -jarige senter van die Lions se VKR-rugbyspan, het Vrydag in die Wynbergse landdroshof verskyn. Hy word aangekla van aanranding op ’n Kaapse student Marumo Selane by ’n huispartytjie in Oktober verlede jaar. Selane beweer Mills het oormatige alkohol en kokaine gebruik voor hy hom aangerand het. Die saak is tot 15 April uitgestel. Mills se regsverteenwoordiger wil eers ’n video van die beweerde voorval bestudeer om te sien of dit ooreenstem met Selane se verklaring.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie