Hou ’n mens dié Italiaanse rugbyspan dop, voel dit al ’n geruime tyd of hulle veel meer skokoorwinnings oor rugbyreuse moet behaal. En talle kere het hulle só naby gekom.
Nie dié keer nie. Nee, Italië het werklik vir Engeland vir die eerste keer in drie en ’n half dekades laat les opsê. Die eindtelling het 23-18 gelees in hul Sesnasies-wedstryd by die Stadio Olimpico in Rome.
Dit is veral Engeland se dissipline wat hulle erg in die steek gelaat het, terwyl die Italianers net nie wou gaan lê nie.
Skotland het ook Sesnasiesgunstelinge die Franse in ’n punteryk wedstryd 50-40 geklop.
