Noem Naas Botha nou Amerika sy huis?

,
Die voormalige Springbok-losskakel Naas Botha.

Midde druk gissings dat Naas Botha en sy gesin na Amerika verhuis het, het The South African dit nou as ’n feit publiseer.

Die Papier het nog geen onafhanklike bevestiging dat die 68-jarige oud-Springbok en Blou Bul-losskakel en sy vrou, Karen, wel land uit is nie.

Luidens die berig woon hulle nou in die deelstaat Kansas. Hulle wil naby hul twee dogters Gaeby en Lee-gre wees wat reeds met sportbeurse daar woon. Albei speel sokker, word berig.

Botha het 28 rugbytoetse vir die Bokke op sy kerfstok en was nege daarvan kaptein.

In 1983 het Botha opspraak gemaak deur in Texas vir die Amerikaanse voetbalspan Dallas Cowboys te gaan speel. Hy was slegs enkele maande daar.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie