Iran-konflik: Ajatolla se seun vat oor

’n Banier van die oorlede ajatolla Ali Chamenei wat buite die Amerikaanse konsulaat in Sandton in protes opgesit is.

Iran het Maandag Mojtaba Chamenei aangewys om sy oorlede pa, ajatolla Ali Chamenei, as opperleier te vervang. Dié leierskapsbesluit, meen talle, staan Amerikaanse president Donald Trump se bevele en dreigemente direk teen.

Motjaba se pa is aan die begin van die oorlog deur ’n Amerikaanse en Israeliese aanval oorlede.

Trump het voorheen gesê dat Mojtaba (56) ’n “onaanvaarbare” keuse vir die nuwe leier van Iran sal wees.

“Dit is ’n groot vernedering vir die Verenigde State om ’n operasie van hierdie omvang uit te voer, soveel te waag en uiteindelik ’n 86-jarige man dood te maak, net om te sien hoe hy deur sy hardline seun vervang word,” het Alex Vatanka, ’n senior genoot by die Midde-Ooste-instituut.

Iran se Vergadering van Kenners, die 88-lid geestelike liggaam wat die land se opperleier kies, het burgers van Iran gevra om eenheid te handhaaf en steun te bied vir hul nuwe leier.

Intussen het Israel bevestig dat hulle opnuut missiele op Beirut en Iran afgevuur het, terwyl Tehran se aksies om Gulf-state aan te val, ook nie gestaak is nie.

Sedertdien het oliepryse die hoogte ingeskiet en blyk dit nie of daar in die nabye toekoms ’n vredesooreenkoms deur die betrokke partye gesluit gaan word nie.

– CNN, EWN, Al Jazeera

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie