Israel het Maandag opnuut hul aanvalle op Iran en Libanon voortgesit. In ’n verklaring het die Israeliese weermag missiele op Tehran, Estahan en Suid-Iran afgevuur, om Iranese regime-infrastruktuur te vernietig.
Turkye se ministerie van verdediging het gesê dat nog ’n Iranese ballistiese missiel aan flarde deur NAVO-lugverdediging geskiet het.
Dié wat vrede soek, gaan dit egter nie binnekort kry nie. Amerikaanse minister van oorlog, Pete Hegseth, het Sondag in ’n TV-onderhoud gesê dat die sewe Amerikaners wat reeds in die oorlog oorlede is, moontlik nie die enigstes gaan wees nie.
“Daar sal meer slagoffers wees,” het Pete gesê. “. . . veral ons generasie weet hoe dit voel om Amerikaners in kiste huis toe te sien kom, maar dit maak ons glad nie swakker nie. Dit gee ons ’n sterkt ruggraat en ons vasberadenheid om te sê: dit is ’n geveg wat ons sal voltooi.”
Intussen het Iran se militêre en politieke leiers hul lojaliteit aan Mojtaba Khamenei bevestig. Hy is Maandagoggend aangewys om sy vermoorde pa, Ayatollah Ali Khamenei, as die land se nuwe opperste leier op te volg.
Tuis op eie bodem het die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri gesê dat die ANC die MKP se versoek om te vergader oor ’n moontlike koalisie in KwaZulu-Natal verwerp het. ’n Koalisie tussen dié twee partye in hierdie provinsie, sal die einde van die regering van provinsiale eenheid beteken.
– CNN, Al Jazeera, Fox News, IOL
