Geordin Hill-Lewis sê oor John Steenhuisen se toekoms

John Steenhuisen, DA-leier (links), en Geordin Hill-Lewis, burgemeester van die Kaapstadse metroraad, besoek Hanover Park buite Kaapstad in Junie verlede jaar.

Hy sal oorweging skenk aan hoe die DA se kabinetsverteenwoordiging saamgestel is en dit geld ook die landbouportefeulje (wat tans deur John Steenhuisen beklee word), indien hy vroeg in April tot partyleier verkies word.

Só het Geordin Hill-Lewis, die party se enigste kandidaat tot nou vir die partyleierskap, vandeesweek in ’n aanlyn onderhoud met Die Papier gesê. Die leierspos word vakant omdat Steenhuisen te midde van omstredenheid onlangs as partyleier bedank het.

Hill-Lewis, wat burgemeester van die Kaapstadse metro is, het vrae beantwoord oor of hy dit gaan oorweeg om die party se kabinetsministers te verander, spesifiek ook in ag genome die omstredenheid rondom Steenhuisen as minister van landbou.

  • Lees die volledige onderhoud met Hill-Lewis in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat van vandag af op die rakke is. Dit is ook as e-koerant aanlyn beskikbaar.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie