Woede oor twee beplande myne naby Vaaldriehoek-woongebiede

Twee steenkoolmyne word in die Vaaldriehoekomgewing beplan.
Twee steenkoolmyne word in die Vaaldriehoekomgewing beplan. Foto: Unsplash.

Inwoners van die Vaaldriehoek is woedend en selfs Rand Water is onkant betrap oor twee beplande oopgroefsteenkoolmyne naby woongebiede in Vereeniging, Roshnee, Rust-ter-Vaal, Meyerton en Sebokeng.

Die departement van minerale bronne en energie het onlangs omgewingsgoedkeuring verleen en mynregte toegestaan aan Glubay Mining.

Sowat 6 000 mense het sedert einde Februarie by die departement van visserye, bosbou en die omgewing beswaar aangeteken teen die voorgestelde myne.

  • Lees Elise Tempelhoff se berig oor dié kwessie in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te epos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie