Morokko nou Afrikabeker-wenners, beslis CAF ná bisarre eindstryd

Dr. Patrice Motsepe, hoof van CAF.
Dr. Patrice Motsepe, hoof van CAF. Foto: Facebook.

Dit was ’n sokkerwedstryd wat nie sommer gou vergeet kan word nie: ’n Uiters dramatiese Afrikabeker-eindstryd waarin Senegal se hele span laat in die wedstryd van die veld afgeloop het omdat hulle nie met die skeidsregter saamgestem het nie.

Senegal het uiteindelik die wedstryd 1-0 in ekstra tyd gewen, maar nou, presies twee maande later, is daar nog ’n kinkel in die kabel.

Die Confederation of African Football (CAF) se appèlraad het die eindstryd se uitslag omgekeer om Marokko as die wenners te verklaar.

Vreemder dinge het seker al gebeur, maar om twee maande later ’n nuwe wenner aan te kondig? Bisar!

LEES | Senegal hit back at ‘unfair’ CAF call as CAS appeal looms

Die ontevredenheid en die uiteindelike rebelse keuse om die veld te verlaat, het plaasgevind toe Marokko ’n strafskop toegeken is. Dit is uiteindelik deur Brahim Díaz gemis, en Senegal het die wedstryd 1-0 ná ekstra tyd gewen.

Die CAF-appèlraad het egter besluit om die wedstryd se uitslag om te keer en Marokko as die kampioene te kroon omdat Senegal die wedstryd vroegtydig verlaat het.

In ander sokkernuus het Iran se sokkerfederasie met FIFA begin onderhandel om die land se eerste ronde Wêreldbekerwedstryde van die VSA na Meksiko te verskuif. Dít volg weens die voortslepende konflike in die Midde-Ooste waar Iran en Amerika teen mekaar oorlog voer.

Iran se deelname aan vanjaar se toernooi in die VSA, Kanada en Meksiko is in twyfel getrek weens die oorlog wat verlede maand begin het.

Die Wêreldbeker-toernooi sal tussen 11 Junie en 19 Julie vanjaar plaasvind.

“Wanneer [die Amerikaanse president Donald Trump] uitdruklik sê hy kan nie die veiligheid van die Iranse nasionale span verseker nie, sal ons beslis nie na Amerika reis nie,” het Iran se sokkerhoof, Mehdi Taj, Maandag gesê.

  • Lees die volledige artikel oor Iran se Wêreldbekerdrome wat deur die konflik in die Midde-Ooste in twyfel getrek word op NovaNews.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie