Ek wou my kinders na die wêreld daar buite neem, maar besluit toe om die wêreld na my kinders te bring deur hulle internasionale blootstelling aan padel te gee.
Dít, sê Aadila Seedat van Pretoria, het gelei tot die ontstaan van die baie suksesvolle Padel Promises SA.
Spanje het juis verlede jaar na Suid-Afrika gereis vir die eerste internasionale toernooi, wat as ‘n groot sukses bestempel word.
In slegs drie toernooie verlede jaar het 25 Suid-Afrikaners hul plek op die internasionale ranglys ingeneem. In Desember het Suid-Afrika die grootste junior padel-toernooi nóg op die vasteland aangebied, met 176 spanne wat deelgeneem het.
- Lees sportredakteur Stehan Schoeman se volledige berig oor Padel Promises SA in die jongste uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te epos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
