Westville-rugbyster sluit in 2027 by Sharks se junior akademie aan

Jadrian Afrikaner in aksie op die rugbyveld.
Jadrian Afrikaner in aksie op die rugbyveld. Foto: Sydney Seshibedi/Gallo Images.

Die afgelope naweek het hy weereens ’n sleutelrol gespeel in Westville se 26-10 sege oor Martitzburg College. Hoe dan anders, dis wat toeskouers van Jadrian Afrikaner verwag.

Dié Westville 1ste span- en SA Skole-vleuel is gereeld die uitblinker in enige span wat hy speel, en sy harde werk en deursettingsvermoë is nou deur die Sharks beloon.

Afrikaner sal in 2027 by hul junior akademie aansluit, ’n droom wat lank reeds in hom steek. Hy het in sy o. 16-jaar die dapper skuif van die Kaapse Weskus na KwaZulu-Natal gemaak.

LEES | Giliomee gets another chance to shine as Hooker returns for Sharks against Cardiff

Afrikaner is ’n boorling van Velddrif, die klein vissersdorpie naby Saldanhabaai. Van kleintyd af wou hy die swart-en-wittrui van die Sharks oor sy kop trek, en uiteindelik vir die Springbokke op die veld draf.

Een van daardie drome is nou binne sy bereik, en met sy blink toekoms is die laasgenoemde ook nie te vergesog nie.

“My grootste inspirasie is my ouma. Sy het my ondersteun sedert ek in die o. 7-span gespeel het. Ek speel vir haar. Sy is ’n paar jaar gelede aan Covid oorlede,” het Afrikaner gesê.

In ’n interessante kinkel is Afrikaner se ouers vurige Blou Bulle-ondersteuners. “Elke naweek moet ek hoor hoe die Bulls die beste span is. Ek het vir my pa gesê eendag gaan ek die Bulle klop,” lag hy.

Vir nou moet hy fokus om sy matriekjaar suksesvol te voltooi en wik hy ’n nalatenskap los waar hy ’n positiewe voorbeeld kan wees vir die jonger grade. Maar hy kan nie help om opnuut opgewonde te raak oor wat volgende jaar vir hom voorlê nie.

“Ek is so opgewonde. Ek wil net op die veld kom in daardie swart-en-wit-trui,” verduidelik hy.

  • Kry al die skolerugbynuus op NovaNews.
  • Volg ook The Rugby Factory op jou gunsteling-stroomdiens om op hoogte te bly van SA skolerugby.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie