Geslagsgeweld: ‘Voorkoming begin tuis’

Geslagsgebaseerde geweld is ’n wêreldwye pandemie.
Geslagsgebaseerde geweld is ’n wêreldwye pandemie. Foto: Unsplash.

Geslagsgebaseerde geweld (GBV) is ’n wêreldwye pandemie en dit is nie net Suid-Afrikaners wat daardeur geraak word nie.

Só sê Lucinda Evans, aktivis en stigter van Philisa Abafazi Bethu, ’n nieregeringsorganisasie wat jaarliks meer as 2 000 slagoffers van hierdie gewelddadige misdaad huisves en help.

Die organisasie het verskeie veiligheidshuise in die Wes-Kaap sowel as die Noord-Kaap. Die aktrise Charlize Theron, met wie sy gereeld gesels, help selfs om Evans se jeugprogram aan die gang te hou met gereelde finansiering.

  • Lees joernalis Bohemia Hoffmeester-Jumatt se volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie