Sewes: Bok-vroue slaggereed om vorige toernooi se foute reg te stel hierdie naweek

Suid-Afrika se Byrhandré Dolf.
Suid-Afrika se Byrhandré Dolf. Foto: Hassan Wamwayi/Gallo Images.

’n Mens kan nou al verwag dat die Springbok-vroue se sewespan met baie flair en vryheid sal speel, maar soveel te meer wanneer hulle vir die laaste HSBC SVNS 2-toernooi in Brasilië uitdraf.

Dit is hierdie naweek, 28 en 29 Maart, die derde en laaste byeenkoms in die reeks, wat by Estádio Nicolau Alayon in São Paulo afspeel.

Maar die vrouesewesspan kan met groot glimlagte hul wedstryde aanpak, aangesien hulle reeds ’n plek in die groot eindstryd, die drie-toernooi HSBC Wêreldrugbykampioenskap, verseker het.

Die Bok-vroue begin weer teen Spanje, en Byrhandré Dolf is vol vertroue dat hulle hul naweek met ’n stewige vertoning sal afskop.

“Ons het baie meer tyd gehad om die wedstryde van verlede naweek te ontleed en klein foutjies op die oefenveld reg te stel, iets waarvoor ons beslis nie verlede week tyd gehad het nie,” het sy gesê. Sy verwys na hul reisdrama toe hulle eers later in Montevideo, Argentinië aangekom het.

“Elke speler het mooi gekyk na hul individuele vertonings en hoe die span onder druk gefunksioneer het, en dit maak dit baie makliker om hierdie naweek in te gaan.

“Ons kon ook ons opponente deeglik bestudeer en sal gereed wees vir wat hulle bring.”

Wedstryde (SA tye)

Saterdag, 28 Maart

16:06 – Spanje
19:18: – Kenia
22:49: – Brasilië

Sonda

g, 29 Maart

17:28: Argentinië
20:18: China


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie