John Steenhuisen kry slae in hof oor plan vir private inentings teen bek-en-klouseer

Die minister van landbou, John Steenhuisen.
Die minister van landbou, John Steenhuisen. Foto: Facebook.

Die Vrystaatse landbousektor het ’n belangrike regsdeurbraak beleef nadat die Hooggeregshof in Pretoria die minister van landbou, John Steenhuisen, gelas het om ’n duidelike skema vir private inenting teen bek-en-klouseer (BKS) te finaliseer en te publiseer.

Vrystaat Landbou (VL) het die uitspraak verwelkom en dit as ’n betekenisvolle verskuiwing beskryf van die departement se vorige standpunt, waarvolgens slegs staatsbeheerde inentings toegelaat is. Die hof het bepaal dat die minister die skema teen Vrydag 17 April moet afkondig en die saak tot 28 April uitgestel.

Volgens Francois Wilken, president van VL, het die hof ook gelas dat die Minister die regskoste moet dra en skerp kritiek op vertragings en laat indiening van dokumente deur die departement van landbou uitgespreek. Die hofsaak spruit uit ’n dringende aansoek wat deur VL, Sakeliga en SAAI gebring is om te verhoed dat die regering die private verkryging en toediening van BKS-entstowwe belemmer.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie