Gekwesde bok: RG Snyman wéér lank op die krukkelys, mis moontlik alle Bok-wedstryde vanjaar

RG Snyman sal vir lank op die krukkelys wees ná sy onlangse kniebesering.
RG Snyman sal vir lank op die krukkelys wees ná sy onlangse kniebesering. Foto: Facebook.

Die reus RG Snyman speel tans van die beste rugby van sy hele lewe. Hy floreer by die Ierse klubspan Leinster, het ’n kardinale rol in die Bok-groep en het ’n reeks ernstige kniebeserings baasgeraak om een van die voorste slotte in die wêreld te raak.

Maar dit is einste daardie kniebeserings wat hom net nie wil los nie. Ja, Snyman is wéér op die krukkelys en sal baie moontlik glad nie vir die Springbokke uitdraf vanjaar nie.

Leinster het hierdie week bevestig dat Snyman sy voorste kruisligament (VKL) geskeur het tydens hul 38-17 nederlaag teen die Glasgow Warriors op 21 Maart.

Snyman het tydens die wedstryd met Alex Samuel gebots en moes die veld verlaat. Dit is nie die eerste keer wat Snyman ’n VKL-besering opdoen nie. Hy het in 2020 en in 2022 met dié beserings gesukkel.

Die Springbokke sal 20 Junie hul eerste wedstryd van die jaar teen die Barbarians in Gqeberha speel.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie