Bok-breker Eben Etzebeth draf eindelik weer vir Haaie uit ná lang tyd op die kantlyn

Die Bok-slot Eben Etzebeth sal Saterdag weer vir die Haaie uitdraf.
Die Bok-slot Eben Etzebeth sal Saterdag weer vir die Haaie uitdraf. Foto: Facebook.

29 November. Dít is die dag wanneer Bok-slot Eben Etzebeth laas op ’n rugbyveld gedraf het. Die Bokke se 73-0 oorwinning oor ’n verpletterde Wallis-span was egter stroopsoet én bitter.

Etzebeth is vir ’n lang ruk geskors nadat hy in die doodsnikke van die wedstryd vir Alex Mann in die oog gekrap het.

Vir Saterdag se wedstryd teen Connacht Rugby is hy egter in die beginspan nadat hy sy 12 weke skorsing uitgedien het.

Sy terugkeer is nie net ’n hupstoot vir die Haaie nie, maar ook vir die Springbokke, wat vroeër die week slot RG Snyman vir die hele Bok-seisoen aan ’n VKL-besering verloor het.

LEES | Bok prop Nyakane on Rassie Erasmus: ‘Intense, but also fun’

Die Haaie is ’n gebalanseerde span met ervare spelers soos Etzebeth, Vincent Koch en Ox Nche wat ’n paar nuwelinge van voor moet lei.

“Beserings toets die karakter van die span, maar dit gee die volgende man in die groep ’n geleentheid,” het Haaie-hoofafrigter, JP Pietersen, verduidelik. “Dit toets hoe jy as ’n groep terugbons.”

Ten spyte van die ernstige beserings en die druk op die span, sowel as die stryd om uitklopplekke in beide die Verenigde Rugbykampioenskap en die EPCR Uitdaagbeker, kon Pietersen steeds ’n sterk Haaie-span vir Saterdag se wedstryd aanwys.

“Ons het ’n paar versterkings terug, Eben is nou beskikbaar, en hopelik is sy terugkeer ’n groot hulp vir ons.”

Nick Hatton bly op nommer 8 as kaptein, met 13 veranderinge aan die beginspan. Vincent Tshituka en Ethan Hooker voeg verdere internasionale ervaring van die bank af by.

Só lyk die span:

Die Sharks-span.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie