Dit is tyd vir die uitkloprondes in vanjaar se Varsitybeker-kompetisie en as ons die vorige wedstryde in oënskou neem, beloof dit om kookwater-rugby op te lewer.
Die eerste wedstryd skop Maandag om 16:45 af wanneer die NWU Arende die Maties in Potchefstroom verwelkom. Beide die Maties en die Arende het vyf uit hul sewe groepwedstryde gewen om tot die halfeindstryd deur te dring. Toe dié twee spanne op 23 Maart kragte gemeet het, was dit Maties wat met 30-26 met die louere weggestap het.
Hoe groot rol sal tuisveldvoordeel speel as NWU? Of kan Maties, wat hul laaste vier agtereenvolgende wedstryde gewen het, weer só maak?
Die tweede wedstryd skop 19:00 af waarin Tuks vir UJ die stryd gaan aansê. Tuks het hierdie seisoen slegs teen die Arende vasgeval en verlede Maandag vir UJ met 51-22 ore aangesit.
Halfeindstryd
Maandag, 6 Maart
16:45 NWU t. Maties
19:00 Tuks t. UJ
- Kry al jou rugbynuus in Die Papier en op KickOff.com.
