Tuks en die NWU Eagles sal om Varsitybeker-glorie meeding nadat hulle Maandag hul onderskeie halfeindstryde gewen het.
In die eerste wedstryd van die middag het die Arende die spel in die tweede helfte oorheers teen Maties, nadat die spanne teen rustyd gelykop 10-10 was.
Hulle het sewe drieë gedruk om met 50-10 te wen.
In die tweede halfeindstryd was dit weer ’n noue stryd in die eerste helfte, met Tuks en UJ wat teen rustyd gelykop 8-8 was.
Die tweede helfte was brutaal, maar Tuks het as verdiende wenners uit die stryd getree toe hulle weggetrek het van ’n veglustige UJ om die wedstryd met 53-34 te wen.
Die eindstryd vind Maandag, 13 April, om 19:00 in Pretoria plaas.
- Kry al jou rugbynuus in Die Papier, op NovaNews en op KickOff.com.
