Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vanjaar se wenners vir die Hertzogprys en ander toekennings bekendgemaak ná die kortlys verlede onlangs vrygestel is. Dié gesogte prys word beurtelings in die veld van drama, poësie of prosa toegeken, en vanjaar kom digters aan die beurt.
Die vyf digters wat finaliste is vir vanjaar se Hertzogprys is:
- Nou in infrarooi (Tom Dreyer)
- Soekenjin (Bibi Slippers)
- Asindeton (Joan Hambidge)
- waterman (Herman Wasserman)
- vloei/stof (Gilbert Gibson)
Tom Dreyer het die Hertzogprys gewen.
Die drie finaliste vir die Eugène Maraisprys vir Poësie is:
- prins (Ryan Pedro)
- Kinderlê (Lynthia Julius)
- weerskyn (Alwyn Roux)
Die Eugène Maraisprys vir Poësie is aan Lynthia Julius en Alwyn Roux toegeken.
Die drie finaliste vir die LW Hiemstra-prys vir niefiksie is:
- Bewegende denke: praktiese wyshede en kritiese hermeneutiek in onstuimige tye (Pieter Duvenage)
- Boesman-invloed op Afrikaanse plekname (Peter E. Raper)
- Troep: Die dinge wat hulle saamdra (Bun Booyens)
In hierdie kategorie was Bun Booyens die wenner.
Volgens die Akademie dien hierdie pryse as “belangrike erkenning van uitnemendheid en as aansporing vir Afrikaanse skrywers om voort te gaan om gehaltewerk in hul moedertaal te lewer.”
Vanjaar is altesame 75 inskrywings vir die vier pryse ontvang.
Die keurders is lede van die Letterkundekommissie van die SA Akademie. Hulle is prof. Thys Human (voorsitter, NWU), dr. Marni Bonthuys (UWK), prof. Marius Crous (NMU), Valda Jansen (joernalis en vryskutskrywer), Bettina Wyngaard (regsgeleerde en skrywer), dr. Amanda Marais (US), Teneal Apollis (UP), prof. Sonja Loots (UK) en dr. Neil van Heerden (Unisa).
Die wenners is op Donderdag 23 April aangekondig.
- Kry al jou boekenuus in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
