Die afgelope naweek se skolerugby-aksie het ’n rimpeleffek op The Rugby Factory-ranglys gehad, met verskeie spanne wat die top-10 binnegedring het en ’n sommer ’n klomp skuiwe die reuse in SA skolerugby behoorlik omgekrap het.
Die vier spanne boaan die lys – Stellenberg, Paarl Gim, Garsfontein en Paul Roos – se oortuigende oorwinnings het hul plekke in die topvyf beskerm, het die werklike drama laer op die ranglys afgespeel.
Outeniqua en Oakdale is nou in die top-10. Outeniqua se afranseling van Pearson was klinies, ’n 62-0 oorwinning wat ranglysaanpassings noodsaak. Oakdale se ewe indrukwekkende 21-7 oorwinning oor Durbanville het ook vir hulle ’n plek in die top-10 besorg.

LEES | Hierdie week se volledige top-20 is nou beskikbaar op NovaNews hier.
- Die weeklikse ranglys sal op Donderdae op NovaNews bekendgemaak word.
- Kry al die skolerugbynuus op NovaNews.
- Volg ook The Rugby Factory op jou gunsteling-stroomdiens om op hoogte te bly van SA skolerugby.
