President Ramaphosa: Konstitusionele hof se uitspraak moet respekteer word 

Pres. Cyril Ramaphosa.
Pres. Cyril Ramaphosa.


Ná die konstitusionele hof Vrydagoggend gesê het dat president Cyril Ramaphosa se hantering van ’n onafhanklike verslag oor die Phala Phala-saak ongeldig en ongrondwetlik was, het die politieke landskap in Suid-Afrika weer ’n aardbewing beleef.

Boonop het die hof gesê  ’n staat van beskuldiging in die parlement moet teen Ramaphosa volg.

Op dié nuus het die presidensie ’n verklaring uitgereik om die uitspraak aan te spreek en hou vol dat geen persoon bo die reg verhewe is nie.

Die verklaring:

Die presidensie neem kennis van die uitspraak van die konstitusionele hof in die saak wat deur die Economic Freedom Fighters gebring is, wat die Nasionale Vergadering se besluit ten opsigte van Artikel 89-prosedures teen die President uitdaag.

President Cyril Ramaphosa respekteer die konstitusionele hof se uitspraak en herbevestig sy toewyding aan die Grondwet, die onafhanklikheid van die Regbank en die oppergesag van die reg.

President Ramaphosa het deurgaans sy volle samewerking verleen aan die verskeie ondersoeke na hierdie aangeleentheid.

President Ramaphosa handhaaf die standpunt dat geen persoon bo die reg verhewe is nie en dat enige bewerings aan behoorlike regsproses onderwerp moet word sonder vrees, begunstiging of vooroordeel.

Die president doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die konstitusionele hof se uitspraak en alle regsliggame te respekteer.

LEES | Kommentaar: Kry ons ’n partytjiedanser as president, of gaan Cyril voor die parlement dans?

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie