Vandag in die nuus

Springbok Kwagga Smith druk ’n drie teen Nieu-Seeland.
Springbok Kwagga Smith druk ’n drie teen Nieu-Seeland. Foto: AFP.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 28 Mei, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

SA nuus

  • Mpumalanga-taxibase Joe “Ferrari” Sibanyoni en sy drie medebeskuldigdes het ’n dringende hofaansoek om ’n interdik ingedien om te keer dat hul saak weer op die hofrol geplaas word. Intussen is hulle R70 000 elk borgtog toegestaan, en sal die hofsaak na verwagting op 1 September plaasvind.
  • Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die repokoers vir die eerste keer in drie jaar verhoog: 25 basispunte na 7%.
  • Bok-breker Kwagga Smith gaan glo die hele 2026 op krukkelys met kniebesering wees.
  • Die SOE vries bates ter waarde van R6,4 miljoen wat aan voormalige voorsieningskettingbeampte van die Tembisa-hospitaal behoort, Duduzile Nobungwana se pensioenuitbetaling van R1,8 miljoen is ook hieraan geheg.
  • ’n Ploftoestel het in die Woolworths by die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria ontplof.
’n Ontploffing het in die vroeë oggendure van Donderdag 28 Mei plaasgevind by Menlyn Park-winkelsentrum plaasgevind.
’n Ontploffing het in die vroeë oggendure van Donderdag 28 Mei plaasgevind by Menlyn Park-winkelsentrum plaasgevind. FOTO: SAPD
  • Mmabatho Mokoena-Zondi, die hoofsweep van die MK-party, is in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog. Sy is op R30 000 borgtog vrygelaat.
  • Die komitee wat pres. Cyril Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging sal plaas, sal komende Maandag hul eerste vergadering hê.
  • Dwelms met ’n geraamde waarde van R1 miljard is Woensdag by die Beitbrug-grenspos gekeer ná die vrag in ’n trok ontdek is wat van Malawi na SA op pad was.
  • Polisie ondersoek ’n massaskietery in Motherwell net buite Gqeberha ná beamptes twee 18-jarige en twee 17-jarige mans dood in ’n huis aangetref het, terwyl ’n vyfde slagoffer na die hospitaal gehaas is vir behandeling.

Oorsee

  • Skietstilstand? Die Iranse Revolusionêre Wag het Donderdag ’n Amerikaanse basis geteiken in vergelding vir Amerikaanse aanvalle in die suide van die land, waarteen die VSA weer nuwe aanvalle van stapel gestuur het.
  • Oliepryse het weer gestyg ná die nuutste ronde van aanvalle deur die VSA én Iran.
  • ’n Man het drie mense met ’n skerp wapen by ’n treinstasie naby Zürich in Switserland Donderdagoggend gewond voordat hy in hegtenis geneem is.
  • Die EU het ’n boete van 200 miljoen euro aan die Chinese aanlynkleinhandelaar Temu opgelê omdat dit die verkoop van onwettige produkte toegelaat het, insluitend gevaarlike babaspeelgoed en gebrekkige laaiers.
  • 16 meisies is dood en talle ander beseer ná ’n brand omstreeks 01:00 plaaslike tyd by Utumishi Girls Academy in Kenia uitgebreek het.
  • Die persoonlike assistent wat akteur Matthew Perry herhaaldelik met ketamien ingespuit het, is tronkstraf opgelê en het die vyfde persoon geword wat aanspreeklik gehou word vir die ‘Friends’-ster se noodlottige oordosis.
Pres. Donald Trump Foto: AFP
Pres. Donald Trump Foto: AFP
  • Die VSA het ’n strafregtelike ondersoek ingestel na E. Jean Carroll, die voormalige rubriekskrywer teenoor wie pres. Donald Trump vir seksuele aanranding aanspreeklik bevind is.
  • Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat die wêreld se gemiddelde temperature waarskynlik vanjaar en vir die volgende vier jaar daarna bo of naby rekordvlakke sal bly.
  • Oekraïne gaan tot 20 Saab JAS 39 Gripen-vegvliegtuie aankoop, terwyl Swede 16 daarvan gaan skenk.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie