Vandag in die nuus

Daniëlla van Heerden.
Daniëlla van Heerden.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 4 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Groot nuus! Kyk die heel eerste nuusuitsending van Die Papier Praat vanaand om 19:00 op ons YouTube-kanaal.
  • Genl.maj. Feroz Khan keer terug hof toe om die terugbesorging van sy elektroniese toestelle te eis en noem die Madlanga-kommissie en die president as teenpartye in die saak.
  • Die NVG se ondersoekdirektoraat teen korrupsie het die Nulane-bedrogverhoor, wat met die Guptas verbind word, word weer op die rol van die Bloemfonteinse Landdroshof geplaas.
  • Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal pres. Cyril Ramaphosa se aansoek om die Phala Phala-saak se verslag tersyde te stel, van 2 tot 4 Sept. 2026, aanhoor.
Pres. Cyril Ramaphosa.
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images.
  • Daar was ’n toename van meer as 60% in vuurwapenlisensie-aansoeke in SA, volgens die jongste polisiesyfers, die hoogste getal nóg wat in die land aangeteken is.
  • Springbok-slot Lood de Jager sal na verwagting dié naweek weer vir sy Japanese klubspan uitdraf ná ’n suksesvolle herstel van ’n heupoperasie wat hom maande lank van die veld gehou het.
  • Verenigde Rugbykampioenskap se Speler van die Seisoen is Bulls se Embrose Papier.
Die Bulle se skrumskakel Embrose Papier.
Die Bulle se skrumskakel Embrose Papier.
  • Afrika se reaksie op die VSA-Israel-konflik met Iran en Kenia en SA die R11 miljard se handel wat tussen dié twee lande vloei, is prominent gesprekspunte tydens Suid-Afrika en Kenia se presidente wat by die Uniegebou oor die volgende drie dae sal plaasvind.
  • Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, wat aangekla word van die vervalsing van ’n sluipmoordpoging op homself asook omkopery, is borgtog geweier.
  • Bafana Bafana pak Jamaika Vrydag in ’n opwarmingswedstryd vir die Wêreldbeker voordat hulle op 11 Junie teen mede-gasheer Mexiko afskop, terwyl Hugo Broos se span reeds onder streng sekuriteit met oefeninge by die Hidalgo-stadion in Pachuca, sentraal-Mexiko, begin het.
  • Die polisie het ’n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op die 19-jarige Nhlamulo Sambo in Mosselbaai.
  • Nóg twee senior SAPD-beamptes het kennisgewings ontvang om geskors te word weens hul beweerde verbintenis met die berugte Vusumuzi ‘Cat’ Matlala, en moet nou redes gee hoekom dit nie behoort geskors te word nie.
VSA-pres. Donald Trump.
VSA-pres. Donald Trump. Foto: Andrew Harnik/Getty Images.

Oorsee

  • VSA-pres. Donald Trump het tydens ’n privaat ete by die Withuis aangekondig dat hy Todd Blanche sal benoem om as die nuwe prokureur-generaal te dien.
  • Die Libanese president, Joseph Aoun, sê ’n ooreenkoms oor die implementering van ’n skietstilstand wat in Washington aangekondig is ná samesprekings met Israel, is die ‘laaste kans’ om ’n omvattende wapenstilstand te bereik.
  • Republikeinse senators het $1 miljard vir Trump se nuwe Withuis-saal geskrap.
  • Hewige gevegte tussen politieke faksies het voor beplande betogings in Somalië se hoofstad, Mogadishu, met talle geweerskote en digte rook wat oor die stad opgestyg het.
  • Franse Ope: Vir die eerste keer in 47 jaar sal ’n Grand Slam-toernooi sy kampioen kroon sonder dat ’n enkele voormalige major-wenner in die halfeindronde oor is nie.
  • Hoewel Libanon en Israel op ’n voorlopige skietstilstand ingestem het, het Israel se minister van verdediging gesê die land se weermag sal voortgaan met sy operasies in die suide van Libanon.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie