Die Springbokke het tans ’n probleem op slot, met talle langeraad-manne wat op die krukkelys boer.
Ruan Nortjé is nie een van die spelers wat Bok-breier Rassie Erasmus gaan laat kopkrap nie.
In die eerste paar sekondes storm hy ’n Glasgow-skop van agter die skrum af en in die volgende paar minute maak hy twee belangrikke duikslae aan die linkerkant van die veld om van die opposisie se vinnigste manne te lank.
Ja, hy het dalk in die 25ste minuut ’n geel kaart gekry, maar sy afwesigheid het bevestig hoe belangrik hy op die veld is.
Die volgende twee lynstane is beide amper deur die Bulls verloor.
Vroeg in die tweede helfte ontvang Nortjé ’n suiwer lynstaangooi van Johan Grobbelaar om die Bulls se tweede drie te bewerkstellig.
Nortjé het goed die bal versprei op die aanval, en was gereeld daar om in die losgemaal seker te maak dat die Bulls vinnige bal kry.
Die Bulls gaan Nortjé mis as hy volgende seisoen in Japan gaan rugby speel.
