Die Protea-vroue begin Saterdag hul T20-Wêreldbeker-veldtog in Groep A teen Australië in Manchester.
Die toernooi het Vrydag begin, met die eindstryd wat op 5 Julie op Lord’s beslis word. Engeland is vanjaar die gasheerland.
Die Protea-kaptein, Laura Wolvaardt, en haar span beskik vanjaar oor heelwat meer ervaring en sal wil vergoed vir die nederlae in die laaste twee T20-eindstryde teen Australië in 2023 en teen Nieu-Seeland in 2024.
- Lees die volledige berig in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
