Hier is die hoofnuus wat vandag, 28 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
- 23-jarige SA-vrou by OR Tambo in hegtenis geneem op aanklag van beweerde dwelmhandel voordat sy op regstreekse vlug na Tokio sou klim
- Wees gewaarsku: Die deel van skadelike inhoud aanlyn kan jou R150 000 uit die sak jaag of selfs 2 jaar in die tjoekie besorg
- 100de Nigeriërs reeds geregistreer om huiswaarts te keer, sê hulle het huise en bestaansmiddele in SA verloor na xenofobiese aanvalle op buitelandse burgers
- T20 WB: Suid-Afrika klop Bangladesj met 4 paaltjies
- Nagenoeg 300 Malawiërs, met kinders en bagasie byderhand, by hul konsulaat in Sandton byeen vir nuus oor repatriasie
- JMPD sê wetstoepassers monitor spontane optogte wat by Walter Sisulu Square in Kliptown begin het en nou in kleiner groepe na polisiekantore in Kliptown, Moroka en Lenasia beweeg
- ANC-geleide koalisie in Tshwane besig met stappe om stadsbestuurder, Johann Mettler, te skors weens 21 bewerings van wangedrag, DA sê dit gaan oor tenders en nie goeie regering nie
- 42 onwettige immigrante Saterdag in Diepsloot in hegtenis geneem tydens multidissiplinêre Operasie Shanela II
- Nuwe rekord vir Shabnim Ismail wat met haar 49ste paaltjie meeste paaltjies nóg in T20 WB-geskiedenis laat tuimel het toe sy Sondag vir Taj Nehar been voor paaltjie betrap het
- 3 doodgeskiet, verskeie ander het ternouernood ontsnap ná gewapende verdagtes Saterdagaand op mense in Gugulethu losgebrand het, polisie vermoed aanval was beplan
- T20 WB: Mylpaal vir Marizanne Kapp met 100ste paaltjie in internasionale T20 toe sy 1ste paaltjie met 1ste bal laat tuimel, dié van Juairiya Ferdous
- Polisie slaan toe op onwettige alkoholvervaardigingsbedryf in Ogies, 7 ongedokumenteerde buitelandse burgers in hegtenis en eienaar van gebou word gesoek
- Tientalle Zimbabwiese burgers in reënweer byeen buite hul konsulaat in Kaapstad, sal na repatriasiesentrum in Epping verskuif word
- Man van Delportshoop gaan vir borgtog vra ná vermeende lemoendief se skietdood
- Werknemer vas oor beweerde dieseldiefstalsindikaat by KZN-vervoerdepartement se Empangeni-kantore waar maandeliks sowat R300 000 se diesel gesteel word
- Vragmotorbestuurdersforum (ATDF-ASA) gaan landwye betogings op 30 Junie steun ná herhaalde pogings om op regeringsvlak meer werksgeleenthede en beter beskerming vir SA-vragmotorbestuurders te bied, misluk
- Bykans 10 000 vrywilligers gemobiliseer om gemeenskappe noukeurig dop te hou, veral in KZN, brandpunt van beplande betogings teen onwettige immigrante
- T20-WB: Net één plek oor in halfeindronde met Indië en SA wat daarvoor kompeteer – SA speel 11:20 teen Bangladesj, Indië 15:20 teen Australië
Internasionaal
- Engelse krieketkaptein Ben Stokes kondig uittrede uit internasionale krieket aan na afloop van reeks teen Nieu-Seeland
- Britse Mercedes-renjaer George Russell wen Oostenrykse Grand Prix ná hy sterk aanslag van Red Bull se Max Verstappen afgeweer het
- Iran laat reën missiele en hommeltuie op VSA-militêre basisse in Koeweit & Bahrein kort ná Trump dreig om Iranse leierskap uit te wis as hulle nie by tussentydse ooreenkoms hou om oorlog te beëindig nie
- Minstens 14, waaronder Saoedi-minister van energie, sterf toe Aramco-groep se helikopter waarin hulle gereis het, in Saoedi-Arabië neergestort het
- Vlieënier, 5 studente en 5 instrukteurs het omgekom in vliegtuigongeluk in ooste van Frankryk, vliegtuig het aan valskermskool behoort
- 11 sterf toe burgerlike vliegtuig naby Tomblaine in ooste van Frankryk neerstort
- Duikers het die skeepswrak van die Hofuku Maru, ‘n Japannese vragskip wat in 1944 met meer as 1 200 geallieerde krygsgevangenes gesink het, naby die Filippynse eiland Luzon gevind
- “Ek kan my seuntjie hoor huil onder die rommel,” vertel ma wat Venezuela-aardbewings oorleef het, meer as 68 000 mense word nog vermis
- Ná 35 jaar het Spanje Gibraltar van hul lys van ‘nie-samewerkende jurisdiksies’ verwyder en dit met Rusland vervang
- “Hy is ’n verskriklike mens, ’n kranksinnige wat net moeilikheid en oorloë wou begin, en oral waar hy gegaan het, onnodig dood en verwoesting aangehits het. Hopelik sal daar streng teen hom opgetree word!” – Trump se tirade oor gewese vriend, John Bolton
- Veiligheidsmagte in Irak het Sondag politici, parlementslede & senior regeringsamptenare gearresteer, word beskou as begin van groter veldtog teen korrupsie
- Minstens dosyn nuwe veldbrande afgelope 24 uur in Utah, minstens 40 470 hektaar reeds deur Cottonwood-brand vernietig
- Nuwe Israeliese aanval in Lebanon se suide, slegs 2 dae ná lande ooreenkoms onderteken het om die weg vir vredesonderhandelinge te baan
- Manuel Adorni, kabinetshoof van Argentynse president Javier Milei, bedank ná skandaal oor korrupsie, sê sy gewete is skoon
- Ondersoekers vind oorblyfsels van 117 honde, talle met skietwonde, in verskillende stadiums van ontbinding op terrein van beweerde “geen-doodmaak”-diereskuiling in Kalifornië
- Na raming meer as 1 000 sterftes vanweë hittegolf in Frankryk
- Serwiese pres. Aleksandar Vučić, het aangekondig dat hy binne volgende paar weke sal bedank ná 18 maande van teenregeringsbetogings
- Geen huurvlug meer vir Uruguay-sokkerspan ná hulle uitgeskakel word, moet nou met kommersiële vlugte huiswaarts keer
- #FIFA Wêreldbeker: Lionel Messi (39) herskryf rekordboeke deur eerste speler te word wat doele in 7 agtereenvolgende wedstryde aanteken
- Venezuela-aardbewings: Soektog na oorlewendes duur onverpoos voort, dodetal oorskry 1 400
