Deernis, doenmense en groot dinge wat in klein gemeenskappe gebeur – dis die resep wat van Lottoland help ’n dorp so ’n gewilde werklikheidsreeks op kykNET maak.
Met die vyfde seisoen wat eersdaags afskop, gaan die minlike aanbieder, Leah van Niekerk, kykers weer op ’n heerlike avontuur na plekke neem waarvan talle dalk nog nooit gehoor het nie.
Maak Google Maps oop of trek jou mooi ou, verweerde staatmaker-padkaart nader om te kyk waar daardie betowerende groen vlag eersdaags jolig gaan wapper.

Dié keer gaan toegewyde plaaslike projekspanne inspring in plekke soos Luckhoff, Concordia, Middelburg, Reitz, Uniondale en Wakkerstroom om betekenisvolle veranderinge in hul onderskeie gemeenskappe teweeg te bring.
Natuurlik is daar ook altyd uitdagings, maar oor die afgelope vier seisoene het dit duidelik geword dat gemeenskappe wat saamstaan en glo in wat hulle doen, vir geen enkele van daardie uitdagings stuit nie.
- Lottoland help ’n dorp word Dinsdae vanaf 7 Julie om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
