Die Johannesburg-metro belowe hy hou aan om sy kragskuld af te betaal, maar Eskom het vandeesweek aan Die Papier gesê die stad het “tot dusver” nog net R1,2 miljard van die meer as R5 miljard skuld betaal – ’n bedrag wat al vir weke onveranderd is.
Trouens, volgens Eskom het die stad se kragskuld eerder met byna R30 miljoen gegroei sedert einde Mei oor die krisis berig is.
Volgens Eskom het die R5 255 421 994,16 wat Johannesburg en City Power op 17 Mei geskuld het, vandeesweek op R5 281 414 085,37 gestaan. Dit sluit volgens die kragverskaffer die lopende rekening van R1 582 093 993,32, wat die stad op 5 Junie moes betaal en nie gedoen het nie, uit.
- Lees meer oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
