Ouetehuis-aanrandingsaak in Welkom weer uitgestel

Die veelbesproke hofsaak wat sal handel oor die beweerde aanranding van ‘n 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is tot 21 Augustus uitgestel. Foto: Marti Will
Die veelbesproke hofsaak wat sal handel oor die beweerde aanranding van ‘n 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is tot 21 Augustus uitgestel. Foto: Marti Will

Die opspraakwekkende hofsaak oor die beweerde mishandeling van ‘n 81-jarige vrou by ‘n ouetehuis in Welkom is Vrydag (10 Julie) in die Welkom Streekhof weer uitgestel.

Die saak is tot 21 Augustus uitgestel omdat een van die beskuldigdes, Anna Fourie (73), nie in die hof kon verskyn nie omdat sy in die hospitaal is ná ‘n operasie. Die hof het die voorgelegde sieknota as bewysstuk aanvaar.

Die beskuldigdes is Lynette Brummer (64), Anna Fourie (73), Nomsa Ngcongwane (56), Prudence Majorobella (35), Mofolo Ntswaki (30) en Puseleletso Mola (33).

Streeklanddros Ludidi het ‘n lasbrief vir Fourie se inhegtenisneming uitgereik, maar die uitvoering daarvan uitgestel tot die volgende hofverskyning. Dit sal die staat die geleentheid gee om haar verblyfplek te bevestig.

Anna Fourie en Lynette Brummer, beskuldigde 2 en 1, by 'n vorige hofverskyning. Fourie was nie Vrydag in die hof nie.  Foto: Marti Will
Anna Fourie (links) en Lynette Brummer (regs), beskuldigde 2 en 1, by ‘n vorige hofverskyning. Fourie was nie Vrydag in die hof nie. Foto: Marti Will

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, ontvoering en oortredings van die Wet op Ouer Persone (Wet 13 van 2006). Die staat beweer die beskuldigdes het die bejaarde vrou fisies en geestelik mishandel terwyl sy by ‘n verswakte-sorg-tehuis in Welkom gewoon het.

Die saak het landwyd aandag getrek nadat video-opnames uit die slagoffer se kamer in 2025 aan die lig gekom het.

Die beeldmateriaal en foto’s toon na bewering verbale, geestelike en fisiese mishandeling, insluitend dat die vrou met kleefband vasgebind is. Foto’s wat as deel van die ondersoek bekend geword het, toon glo kneusplekke, krapmerke en beserings aan haar hande, gesig en lippe.

Lees die volledige artikel op Nova News


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie