Hier is die hoofnuus wat vandag, 21 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
- Die hof het borgtog van R5 000 elk aan Julius Mkhwanazi, geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, en Getuie K toegestaan, terwyl die saak, wat met die diefstal van edelstene ter waarde van R14,9 miljoen verband hou, tot 25 Augustus uitgestel is.
- Hoewel sy span hul intensiteit gaan moet lig, glo All Blacks-hulpafrigter Mike Blair dat die Kiwi’s vir die Springbokke in SA kan klop.
- Madlanga-kommissie: Die hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie, Andrea Johnson, sê sy het doodsdreigemente ontvang sedert haar eenheid besluit het om beweerde korrupsie by die SAPD se misdaadintelligensie-afdeling te ondersoek.

- Polisie in die Wes-Kaap het tydens ‘n klopjag op ’n woonstel in Richwood, Bothasig, vuurwapens, ammunisie en dwelms ter waarde van sowat R10 miljoen beslag gelê en ’n 29-jarige man is is deur misdaadintelligensiebeamptes in hegtenis geneem.
- Opposisiepartye in die Emfuleni-munisipaliteit het gevra dat nog mense in hegtenis geneem word in verband met ‘n tenderbedrogsaak van R16 miljoen, met die onder meer die lede van die DA en PAC wat in die Vanderbijlpark-landdroshof waar die voormalige vlootbestuurder, Lerato Mpholo, op aanklagte van bedrog en korrupsie verskyn het.
- Die hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie, Andrea Johnson, het haar aan sake onttrek wat senior misdaadintelligensiebeamptes van die SAPD betrek weens ’n botsing van belange.
- Twee voormalige apartheidspolisiesersante, Abraham Hercules Engelbrecht (61) en Pieter Stander (60), wat op 2 Desember 2025 skuldig bevind is aan die voorafbeplande moord op die studentaktivis Caiphus Nyoka, se vonnisverrigtinge is tot 9-13 November uitgestel.
- Kol. Ismail Dawood van die misdaadintelligensie-eenheid het hom by die Hillbrow-polisiestasie oorgegee nadat hy aanvanklik Maandag by die Sandton-polisiestasie aangemeld het, maar later na Hillbrow verwys is.
- Die regering ondersoek duisende staatsbehuisingseenhede wat deur staatsamptenare bewoon word, nadat minister van openbare werke, Dean Macpherson, ’n ondersoek na meer as 6 000 staatsbesitwonings gelas het.
Oorsee
- Die Libanese weermag het aangekondig dat hulle begin ontplooi het na ’n gebied in die suide, een van drie sogenaamde ‘pilotzones’ wat deel vorm van ’n ooreenkoms met Israel om Hezbollah te ontwapen.
- Turkye se ontsetelde opposisieleier, Ozgur Ozel, het aangekondig dat hy ’n nuwe politieke party gaan stig, 2 maande nadat ’n omstrede hofuitspraak hom uit die stoel gelig het.
- Indië se hoofopposisieleier, Rahul Gandhi, ëis dat eerste minister Narendra Modi bedank ná die polisie se optrede teen studente wat hervormings in die onderwysstelsel soek.
- Die VN sê 144 mense is verlede week as dood of vermis aangemeld nadat migrantebote voor die kus van Mauritanië in die moeilikheid beland het.

- Chinese en Russiese vlootmagte het ’n gesamentlike lewendige skietoefening met masjiengewere binne Japan se eksklusiewe ekonomiese sone uitgevoer, het Tokio Dinsdag gesê en dit as ’n bedreiging veroordeel, terwyl Beijing die kommer as ‘oordrewe’ afgemaak het.
- Die Jordaanse weermag het aangekondig dat dit 5 Iranse hommeltuie onderskep het in die jongste aanval deur die Islamitiese Republiek op lande in die streek sedert die hernude oorlog in die Midde-Ooste.
- Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het ’n waarskuwing uitgereik waarin Amerikaanse burgers wêreldwyd aangeraai word om groter versigtigheid aan die dag te lê weens die oorlog met Iran, en gesê het dat die veiligheidsituasie in die Midde-Ooste ingewikkeld bly met die moontlikheid van onvoorsiene toename in aggressie.
- Noord-Korea het sy steun vir Rusland se oorlog in Oekraïne herbevestig toe die 2 lande se ministers van buitelandse sake in Moskou vergader het, wat spekulasie laat toeneem het dat Kim Jong Un binnekort die Kremlin kan besoek.
- ’n Vrou, Lie Siu Luan, wat ’n babahandel-sindikaat in Indonesië gelei het, is tot 7 jaar tronkstraf gevonnis ná sy skuldig bevind is ‘werwing, huisvesting, versending en oordrag’ van slagoffers ‘vir die doel van uitbuiting’.
