Solidariteit en AfriForum terug in VSA om te gesels

Jaco Kleynhans
Jaco Kleynhans. Foto: Verskaf.

Die Solidariteit-beweging is terug in Washington vir vergaderings met die Amerikaanse regering.

Dirk Hermann, Solidari­teit se bestuurshoof, het aan Die Papier bevestig Jaco Kleynhans (Solidari­teit) en Werner Human (AfriForum) is in Ameri­ka vir “ ’n voorbereidingstoer met die doel om oplos­sings te vind wat moontlik later vanjaar tot ’n groter opvolgbesoek kan lei.”

Hermann het ­bevestig hulle vergader met verskillende dele van die Amerikaanse regering, wat “hoëvlak-­amptenare by die Amerikaanse departement van buitelandse sake, die Withuis, die ­Senaat en die Huis van Verteenwoordigers” insluit.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie