Hier is die hoofnuus wat vandag, 09 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
- Kouefront tref Wes-Kaap met nat, winderige en ysige weer.
- MEC Maile verwelkom Pitso Mosimane se terugkeer as Bafana Bafana-afrigter.
- Enkelvoertuig rol op Higginson-hoofweg in KwaZulu-Natal.
- Ramaphosa het vandag die Vrouedag-viering by Uniegebou toegespreek, en vroue in wetstoepassing marsjeer na die Uniegebou.
- Orlando Pirates dring deur na MTN8-halfeindronde.
- Die gewilde maskandi-kunstenaar, Scebi Dlamini sterf in ’n motorongeluk in KwaZulu-Natal.
- Elf mense is dood ná drie afsonderlike massaskietvoorvalle in Langa, Gugulethu en Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.
- Ironman Suid-Afrika het van Nelson Mandelabaai na Mosselbaai verskuif
- Die regering doen beroep op gemeenskappe om hul deelname aan gemeenskapspolisieforums te versterk.
- Faf de Klerk was terug in sy Cheetahs-trui vir vandag se Currie-beker-wedstryd teen die Stormers in Kaapstad. Cheetahs klop Stormers 31 – 26
- Rassie Erasmus is hoopvol dat Siya Kolisi se nuwe dyspierbesering teen Argentinië ‘nie te ernstig’ is nie.

- Sneeu val tans op verskeie bergpieke in die Wes-Kaap. Weervoorspellings dui op grootskaalse, sneeuval wat vanaf vandag, oor groot dele van Suid-Afrika en Lesotho gaan versprei. Swaar sneeuval tref gebiede soos Barkly-Oos, Rhodes, Dordrecht, Nieu-Bethesda, Noupoort en die bergpasse rondom Elliot in die Oos-Kaap. Die Swartberg-pas by Prins Albert is ook gesluit weens sneeu wat vanmiddag op die kruin begin uitsak het.
- Polisie beloof R100 000-beloning ná gewapende aanvallers gisteraand 11 mense in afsonderlike skieterye in die Wes-Kaap uitgewis het.
Oorsee
- Bosbrande dwing 20 000 mense in Kanada om te vlug.
- Iran stel voorwaardes vir heropening van Straat van Hormuz.
- Vlugte is gekanselleer en ontruimings vind plaas in China namate tifoon Dolphin nader.
- Banyana Banyana se Wêreldbeker-drome verydel deur nederlaag teen Marokko.
- Messi het Miami se nederlaag misgeloop as gevolg van sy pa se dood.
- Indonesië sluit hulle nasionale park weens ’n verspreidende veldbrand.
- Hongkong se weerdiens het rekordhoë temperatuur aan geteken.
- Teheran weier om die Straat van Hormuz te heropen totdat die Verenigde State, Iran se voorwaardes aanvaar.

- Vyf mense is dood in nuwe Russiese en Oekraïense aanvalle.
- Die polisie in Thailand beweer dat ’n skieter glo voorheen ’n windbuks skool toe gebring het.
- Indonesië het 1,3 ton ketamien ter waarde van miljoene in beslag geneem.
- Perez Hilton staar lang herstelproses in die gesig ná berigte oor selfbesering tydens ’n regstreekse uitsending.
- Daniel Kinahan, ’n vermoedelike misdaadbaas word in ’n streng beveiligde operasie na Ierland teruggebring.
- Meer as 18 000 mense is ontruim weens ’n veldbrand in Kanada.
- Netanyahu kap na Iran: “Met of sonder ooreenkoms, julle sal nié kernwapens kry nie.”
- Martin O’Neill, Celtic-bestuurder, het vandag se kragmeting teen Kilmarnock ná ’n hospitaalprosedure misgeloop, maar herstel goed tuis.
- Atlético Madrid verras Manchester City, Engelse kampioene sukkel om ritme te vind in hul nuutste voorseisoense opwarmingswedstryd.
