Vandag in die nuus

Airbus A350-1000 AIRSORAYAMA GOLD.
Airbus A350-1000 AIRSORAYAMA GOLD.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 16 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

#Curriebeker Begeesterde Bulle draai die krane behoorlik oop in 2de helfte, maar net-net nie genoeg nie, eindtelling 62-52 in Cheetahs se guns

#FIHWêreldbeker SA-mans het 1-3 teen Spanje verloor, Cassiem Mustaphaa het SA se enigste doel aangeteken

#Curriebeker Rustydtelling 47-17 in onkeerbare Cheetahs se guns, Bulle XV sal hard moet baklei om punteverskil in tweede helfte te laat krimp

“Ons het tans ’n skelm wat die land regeer … Ek vergeet sy naam. Wanneer hy geld kry, steek hy dit onder sy bed weg. Ons ly, ons het weeskinders, en hierdie skelm gee nie om nie. Wie kan sê wat hierdie misdadiger al vir ons gedoen het? Daar is nie ’n enkele ding nie,” het Zuma tydens verkiesingsveldtog kwytgeraak

Thabazimbi-munisipaliteit het inwoners wat munisipale grond in voorgestelde Thabazimbi-uitbreiding 58 beset, tot Maandag tyd gegee om onwettige strukture en ongewenste materiaal uit gebied te verwyder

2 lede van buitelandse afvaardiging by SADC-beraad in Durban in arres ná hulle glo toegang tot Durban ICC probeer kry het met ander persone se akkreditasiekaarte

Dean de Sousa (34), van Bryanston in Johannesburg, is in Kaapstad as 2026-Boereworskampioen gekroon met Luhan Pretorius (46) as naaswenner en Ashook Beharie (46) in derde plek

#FIHWêreldbeker SA-hokkievroue het hul eerste wedstryd Sondagoggend 0-4 teen Engeland verloor

Uitskotdam by Samancor Chrome se Dikwena-bedryf het Donderdagmiddag ineengestort waarna groot hoeveelheid modderagtige materiaal oor toegangspad naby Eland-myn se Maroelabult-skag, buite Brits, gevloei het, kommer oor ekologiese impak op nabygeleë plase

Man wat te perd wou vlug, vasgetrek toe polisie hom met ongelisensieerde vuurwapen waarvan reeksnommers afgevyl is, asook ammunisie by Mqhekezweni in O-Kaap in sy besit betrap het

Nasionale Vaardigheidsfonds (NVF) glo onbewus dat Flyfofa Airways met saak deur SIU te kampe gehad het toe hy R148 miljoen aan Flyfofa Aviation Training goedgekeur het, dié twee verwante entiteite het dieselfde direkteure

AfriForum het aansoek om minagting van die hof teen EFF en Malema ingedien ná hul hernieude oproepe vir besetting van grond sonder toestemming van eienaars of wettige bewoners

Snuif-snuif, jou dwelmstorie is uit! K9-eenheid van Stad Kaapstad se Metropolisie het gehelp om dwelms ter waarde van meer as R300 000 in Bellville op te spoor

Lesings steeds opgeskort by UFH se Alice-kampus ná gewelddadige studentebetogings oor verslegtende toestand van studentebehuising, veiligheidskwessies en probleme met bestuur en administrasie

Onbeplande kragonderbreking in die Viljoenskroon-gebied ná groot fout by transformators en brekers, Eskom wel op toneel

SAA-direksie plaas uitvoerende hoof Matshela Seshibe onmiddellik op spesiale verlof – ’n dramatiese wending, gegewe sy standpunt oor toepassing van aanspreeklikheids- en gevolgbestuur

Polisie-eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies (STES) in Kuruman het 3 verdagtes in hegtenis geneem en al 25 skape teruggevind wat na bewering van ’n plaas in Van Zylsrus gesteel is

All Blacks-afrigter Dave Rennie het bevestig dat losskakel Richie Mo’unga waarskynlik Dinsdag sy eerste wedstryd van die Greatest Rivalry-toer teen Leeus sal op die veld sal draf

Polisiebeampte wat van diens af was, Saterdagaand in Crossroads, Nyanga, naby Kaapstad doodgeskiet

’n Ferrari SF90-hibried-supermotor wat in April 2022 vir R11,1 m aan omstrede sakeman Hangwani Morgan Maumela verkoop en beslag op gelê is, nou vir minstens R9,5 m op mark

Internasionaal

Amerikaanse Senaat het met oorweldigende meerderheid gestem om AGOA, ’n belangrike handelsooreenkoms tussen die VSA en Afrika, met nog twee jaar te verleng

Vlieënier van Malaysia Air wat in Julie in Indonesië vasgetrek is met sowat 25 kg dwelms in sy besit, word daarvan verdink dat hy sedert 2024 verskeie kere onwettige middels na verskeie lande gesmokkel het

2 sterf, 14 beseer toe Rusland Oekraïne se grootste staal-aanleg, ArcelorMittal, met missielaanval tref, kritieke fasiliteite in energieproduksie- en hoogoondafdelings is beskadig en sommige produksieprosesse moes opgeskort word

VSA-intelligensie-agentskappe betwyfel of daar werklik Iranse komplot was om Air Force One aan te val voordat buitengewone stap geneem is om Trump in geheim van Air Force One na ander vliegtuig oor te plaas om hom teen beweerde aanval te beskerm

Man (26) van Louisiana wat daarvan beskuldig word dat hy 3-jarige meisie tydens potjie-opleiding wreed aangerand het, nou van moord aangekla ná kleuter aan haar beserings beswyk

Die grootste wegholveldbrand op rekord in België dryf nou in die rigting van Duitsland

Hoogste Maagd Maria-standbeeld in Europa in Konotopie, Pole, onthul: 55,6 m hoog – groter is as Rio se Christus die Verlosser (sowat 38 m) maar kleiner as Filippyne se Maagd Maria wat 98 m hoog is!

Britse polisie vra askuus ná e-posadresse van 143 mense wat glo deur Mohamed Al-Fayed seksueel misbruik is, per ongeluk aan ander blootgestel is, meer as 400 bewerings van seksuele wangedrag, insluitend verkragting, seksuele aanranding en mensehandel is teen Al-Fayed gemaak

12 dood en tientalle beseer toe Poolse bus pad byster raak op Hongaarse roete, busbestuurder in hegtenis nadat hy vermoedelik agter stuur aan slaap geraak het

Wegholbrand in België het reeds 3 000 hektaar in die slag laat bly

UK Epstein Survivors Campaign-lede wil hê Britse premier, Andy Burnham, moet openbare ondersoek instel na Jeffrey Epstein se bande met Andrew Mountbatten-Windsor en ander invloedryke Britse figure

Orkaan Lala het Hawaii se Big Island as Kategorie 1-storm getref met swaar reën en moontlikheid van lewensgevaarlike oorstromings en modderstortings, gevaarlike branders en sterk seestrome word ook verwag

Starlux se nuwe Airbus A350-1000 AIRSORAYAMA GOLD is vlieënde kunswerk met besonderse metaalgoue kleurskema wat in samewerking met Japannese kunstenaar Hajime Sorayama ontwerp is

Spaanse F-18-vegvliegtuig het tydens Navo-sending hommeltuig neergeskiet ná dit Roemenië se nasionale lugruim onwettig binnegedring het, dit was 4de soortgelyke voorval en oorsprong van tuig nog nie bevestig nie

’n Pakhuis in Koledino, in die Moskou-oblast, is glo deur Oekraïense hommeltuigaanval in nag getref, pakhuis behoort aan Russiese aanlynkleinhandelaar Wildberries


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos