‘Jy het ’n reg om beskerm te word’

Bendegeweld.
Foto: Bohemia Hoffmeester-Jumatt.

Metro meer suksesvol as Operasie Prosper?

Mmusi Maimane, leier van Bosa en voorsitter van die staande komitee oor openbare rekeninge, sê dis goed en wel dat daar metropolisiebeamptes is wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bystaan met hul Operasie Prosper. Maar hy sê regte polisiëring word nog benodig.

Maimane het aan Die Papier gesê die weermag polisieër nie misdaad nie en dat hulle opgelei is om dood te maak. Hy beskryf hul ontplooiing om die bendeprobleem in die Wes-Kaap op te los as politieke toertjies. “Al wat die weermag uiteindelik kan doen is om sommige van hul inligting met die polisie te deel om hul werk te doen en stabiele omstandighede te skep.”

Maimane het ook die regering getakel omdat hulle sedert Februarie nog nooit die R823 miljoen finansiering, soos belowe, aan die weermag betaal het nie. Maar, sê hy, dié geld kon gebruik word vir meer polisiebemanning en om die teenbende-eenheid te versterk.

“Die enigste mense wat bendes in die Wes-Kaap kan beveg, is die polisie en die teenbende-eenheid.

“Die weermag is ontplooi, maar dis verouderd, met ou tegnologie en bemanning. Dis die werk wat eintlik deur die polisie uitgevoer moes word. Die polisie is die mense wat kan ondersoek, vervolg, aankeer en bendeleiers tronk toe stuur.”

  • Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos