Die wedstryd het teen ’n hoë tempo begin, met die Springbokke wat binne die eerste vyf minute die eerste punte op die telbord geplaas het. Cheslin Kolbe het ’n strafskop deur die pale gestuur om Suid-Afrika met 3-0 voor te sit.
Will Jordan het in die agtste minuut vir die All Blacks geantwoord toe hy die eerste drie van die wedstryd gedruk het. Die doelskop het egter regs van die pale verbygegaan, wat die telling op 3-5 gelaat het.
André Esterhuizen het reeds in die negende minuut vir Kurt-Lee Arendse opgekom en homself kort daarna op die telbord verewig. Esterhuizen het in die 13de minuut die Springbokke se eerste drie gedruk, waarna Kolbe die doelskop oorgestuur het om Suid-Afrika met 10-5 voor te sit.
Die All Blacks het egter vinnig teruggeslaan. Josh Moorby het in die 22ste minuut sy vierde drie in die Greatest Rivalry-reeks gedruk. Ruben Love het die doelskop oorgestuur en Nieu-Seeland tot binne twee punte van die Springbokke gebring: 10-12.
Kolbe het daarna weer sy akkuraatheid met die skopskoen gewys toe hy nog ’n strafskop oorgestuur het om Suid-Afrika se voorsprong na 13-10 te vergroot.
Malcolm Marx het kort daarna amper ’n verdere drie vir die Bokke gedruk, maar die poging is nie toegeken nie omdat hy nie die bal behoorlik onder beheer kon druk nie.
Jasper Wiese het ook naby die doellyn gekom, maar die All Blacks het daarin geslaag om die bal weg te vat voordat hy kon afrond.
In die 37ste minuut het Peter Lakai vir Josh Lord en George Bower vir Ethan de Groot vervang, waarna die rustydfluitjie kort daarna geblaas het.
Rustyd: Springbokke 13-12 All Blacks.
