Silwerskermfees: Swier en glans én talle wenners

Aktrise Anna-Mart van der Merwe in ‘Landmyn’.
Aktrise Anna-Mart van der Merwe in ‘Landmyn’. Foto: kykNET.

Die kykNET Silwerskermfees is nou al vir 14 jaar ’n gesogte instelling wanneer daar oor die plaaslike filmbedryf gepraat word. Nuwe stemme en akteurs kry ’n geleentheid om die eerste tree te vat om hulself in ’n toeganklike, maar uitdagende, vermaakbedryf te vestig.

Só ook is bekende gesigte en veteraanakteurs eweneens deel van ’n fees wat nuwe inhoud in die kalklig plaas. En dié vermaakbedryf is soveel ryker as gevolg daarvan.

Deesdae vier die kykNET Silwerskermtoekennings beide TV- en filmbydraes in ’n aand wat swier en glans met harde werk voor én agter die kameras versoen.

Hier is die wenners vir speelfilms:

Beste klankontwerp: Guy Steer – Al wat ek weet

Beste oorspronklike klankbaan: Janine Neethling, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder – Silas en die Ysbeer op Tafelberg

Beste grimering en haarstilering: Jolene Cilliers – Silas en die Ysbeer op Tafelberg

Beste kostuums: Sulet Meintjes – Silas en die Ysbeer op Tafelberg

Beste produksieontwerp: Rocco Pool – Al wat ek weet

Beste redigering: Reghardt Botha – Landmyn

Beste draaiboek: Nico Scheepers – Landmyn

Beste kinematografie: Ebrahim Hajee – Silas en die Ysbeer op Tafelberg

Beste regie: Nico Scheepers – Landmyn

Neil Sandilands as Van Hunks in ‘Silas en die Ysbeer op Tafelberg’.
Neil Sandilands as Van Hunks in ‘Silas en die Ysbeer op Tafelberg’. Foto: kykNET.

Kortfilms

Beste draaiboek: Michelle le Roux – Twee persent

Beste regie: Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker: Michelle le Roux – Twee persent

Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker: Wag ’n bietjie

Beste akteur: Danny Ross – Wag ’n bietjie

Beste aktrise: Lauren Joseph – ’n Poppy op die heuwel

Beste kinematografie: Jason Haji-Joannou – Wag ’n bietjie

Beste redigering: Heinrich Laubscher – Twee persent\

Kort dokumentêre films

Beste redigering: Anlerie Cilliers – Rooi van aard

Beste regie: Mia Cilliers – Die grond onthou

Beste dokumentêr: Die grond onthou

Feesgunsteling

Al wat ek weet

June van Merch in ‘Al wat ek weet’.
June van Merch in ‘Al wat ek weet’. Foto: kykNET.

Hier is die wenners vir speelfilms:

Beste hoofspeler in ’n komedie: Albert Pretorius (Flip) – Die kantoor

Beste byspeler in ’n komedie: Schalk Bezuidenhout (Tjaart) – Die kantoor

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie: Gretchen Ramsden (Patty Paulsen) – Skemergrond

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie: Izette Blignaut (Petro) – Binnelanders

Beste akteur in ’n telenovela of sepie: Germandt Geldenhuys (Louis) – Binnelanders

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie: Sandi Schultz (Zelda Joubert) – Diepe waters

Beste akteur in ’n drama: Albert Pretorius (Gustaff Fouché) – Niggies

Beste aktrise in ’n drama: Rolanda Marais (Adri Joubert) – Die nuusmakers

Beste manlike byspeler in ’n drama: Ian Roberts (Jakkals) – Appels en tee

Beste vroulike byspeler in ’n drama: Roeline Daneel (Maks Fouché) – Niggies

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram: Hannes van Wyk – Kwêla

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram: Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram: Reandi Grey – Boer soek ’n vrou

Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram: Rian van Heerden – Laataand by Rian

Beste aanbieder in ’n dokumentêre program: Rian van Heerden – Schuster

Beste ensemble-aanbiederspan: Hamilton Wessels, Rika Calitz, Breyton Paulse, Bakkies Botha, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Rikus de Beer, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks en Tjops

Albert Pretorius as Flip Bosman in Die Kantoor.
Albert Pretorius as Flip Bosman in Die Kantoor. Foto: Verskaf.

Wenner in die kategorieë vir speelfilms

Beste vroulike byspeler: Nicole Holm – Landmyn

Beste akteur: Ben Albertyn – Landmyn

Beste aktrise: Anna-Mart van der Merwe – Landmyn

Beste speelfilm: Landmyn

  • Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos