‘Moenie uitdun – gee eerder voorbehoeding vir olifante’

’n Teeltrop olifante by ’n waterpan in die Madikwe-natuur­reservaat in Noordwes.
’n Teeltrop olifante by ’n waterpan in die Madikwe-natuur­reservaat in Noordwes. Foto: Audrey Delsink.

Die Noordwes-parke-en-toe­ris­meraad (NPTR) sit met die hande in die hare oor ’n “be­volkingsontploffing van olifante” in die luukse Madikwe-­natuurreservaat. Die NPTR het verlede week aan die portefeuljekomitee oor bosbou, visserye en omgewingsake gesê hulle gaan “binnekort” met die uitdunning van minstens 1 000 van dié diere begin.

Dr. Lilian Managa, ’n EFF-LP, het gesê sy het verneem dié natuurreservaat se “drakrag” vir olifante is “500 diere of min­der”. Daar is nou 1 600 olifante in die reservaat.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos