VF Plus mik steeds na Tshwane-koalisie

Cilliers Brink van die DA by die aankondiging dat Grandi Theunissen by die DA aansluit.
Cilliers Brink van die DA by die aankondiging dat Grandi Theunissen by die DA aansluit. Foto: Verskaf.

Die VF Plus se vernaamste projek is “om in die 10 weke wat voorlê tot met die verkiesing die maksimum stemme te monster sodat ons ’n bepalende rol in ’n regerende koalisie kan speel.”

Dit is die reaksie van Willie Spies, die Tshwane-burgemeesters­kandidaat van die party, nadat Grandi Theunissen, die voormalige VF Plus-streek- en koukusleier, na die DA oorgeloop het.

“Alle aanduidings is dat die komende verkiesing die VF Plus se beste in die geskiedenis gaan wees,” sê Spies. Volgens hom stel die VF Plus “kiesersbelange altyd bo indivi­duele politici en die kernfokus bly minderheidsregte, federa­lisme, Christelike en ge­sinswaardes”.

  • Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos