Hier is die hoofnuus wat vandag, 30 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
#CurrieBeker Griekwas het krane behoorlik oopgedraai teen Boland Kavaliers en met 48-17 seker gemaak hulle is nou heel bo-aan die punteleer – 1ste keer sedert 1998! Marco de Witt (Griekwas) ook aangewys as speler van die wedstryd
SACP se sekretaris-generaal, Solly Mapaila, sê party het kandidaat-lyste by OVK ingedien, bygevoeg dat SACP nie drieparty-alliansie verlaat het nie
Safa sal na verwagting Pitso Mosimane as nuwe Bafana Bafana-afrigter aankondig terwyl Vincent Tseka waarskynlik as spanbestuurder sal aanbly
Voormalige kabinetsminister Sisisi Tolashe word deur hernieude ondersoek in die gesig gestaar oor bewerings dat staatswerknemer by haar eie woning gewerk het
Gauteng-polisie het gesoekte verdagte, Alfred Sello “Long” Magoa (44), in hegtenis geneem – word na bewering met 34 ernstige sake verbind, waaronder verskeie verkragtingsake in en om Klipgat, Ga-Rankuwa, Loate en Mabopane https://x.com/SAPoliceService/status/2093968603032743989?s=20
W-Kaapse Hooggeregshof beslis onwettige okkupeerders kan uitgesit kan word sonder dat alternatiewe verblyf aan hulle voorsien word indien hul besetting met ernstige kriminele bedrywighede verbind word
Regsfirma nader hooggeregshof in Johannesburg, beweer MK Party het versuim om ooreenkoms na te kom waar party R500 000/maand sou betaal vir uitstaande regskoste ná aanvanklike betaling van R1 miljoen gemaak is
#MadlangaKommissie Firoz Khan, wat gedagvaar is om dié week voor Kommissie te verskyn, glo weer in die hospitaal opgeneem
#GreatestRivalry-reeks Terwyl daar groot ontsteltenis vanuit verskillende oorde was oor die lae verbyvlug in Kaapstad, is alle vlugregulasies nagekom en vlugte met fyn beplanning uitgevoer
Mpumalanga-polisie ondersoek 6 aanklagte van moord by Ngodwana ná ’n skietery waarby vermoedelik 2 mededingende groepe onwettige mynwerkers betrokke was
Die Valke het 37-jarige verdagte by ORT in hegtenis geneem met sy terugkeer uit buiteland, hy word verbind met R635 miljoen-korrupsieondersoek by Tembisa-hospitaal
Eathan Bosch het 1ste Proteas-pet van sy broer en mede-Protea, Corbin Bosch, ontvang, daarmee sit hy Proteas-nalatenskap voort wat deur hul oorlede pa, Tertius Bosch, begin is
Internasionaal
#MotoGP Marc Márquez het Sondag oorheersende oorwinning in die Aragon MotoGP behaal, met Pedro Acosta in die tweede plek en Marco Bezzecchi derde
Grootskaalse reddingsoperasie aan die gang ná passasiersveerboot met 280 aan boord noord van Ciprus omgeslaan het kort nadat dit op pad na Turkye vertrek het
NASA het Sondag sy Roman-teleskoop aan boord van SpaceX Falcon Heavy-vuurpyl gelanseer en daarmee ’n meerjarige sending begin om kaart van die kosmos te skep en lig te werp op van die grootste raaisels in fisika https://x.com/NASA/status/2094024294988701975?s=20
Tientalle moes gewilde Grand Canyon in Arizona, VSA, ontruim toe kitsvloede dié gebied getref het
Anne Hathaway sluit aan by Tom Cruise vir ‘Days of Thunder’-opvolg wat in 2028 vrygestel gaan word
Amerikaanse regter het skikking van $72,5 miljoen tussen Jeffrey Epstein se slagoffers en Bank van Amerika goedgekeur, die 3de finansiële instelling wat in openbaar tot so ’n skikking instem
Zambië se opposisieleier Brian Mundubile is van hoogverraad aangekla – volgens sy prokureur is 17 ander, waaronder Mundubile se kandidaat vir adj.-president, Makebi Zulu, ook van hoogverraad aangekla
In jongste uitdaging aan militêre leier Abdourahamane Tiani terwyl sy regering sukkel om jihadistiese opstand in bedwang te bring, het Niger glo beheer oor belangrike militêre lugbasis in hoofstad herwin ná aanval deur muitende soldate Saterdag
Op 30 Aug. 1998 in België het Michael Schumacher in David Coulthard vasgery toe hy hom wou verbysteek, woedende Schumi het hom daarna daarvan beskuldig dat Coulthard hom dood wou maak
Internasionale soektog van stapel gestuur ná 2 mans glo diamanthalssnoer van 200 karaat (ter waarde van minstens $4 miljoen) wat eens aan Egiptiese koninklike familie behoort het, uit museum in Wene gesteel het
Ysland verwerp EU-lidmaatskapsplan in referendum in stemming wat Saterdag plaasgevind het onder die skadu van Trump se dreigemente teenoor Groenland
Oekraïense amptenare sê hulle het intelligensie wat daarop dui dat Russiese president, Vladimir Poetin, “groot eskalasie” van oorlog beplan
In raar skietvoorval in noorde van Switserland het een persoon gesterf en minstens vyf ander is beseer, van wie sommige ernstig gewond is
Franse boere maak plan nadat regering onbehulpsaam is met die verwydering van plakkers – deur koeimis oral op hul plase te versprei!
