Apple se hoof ‘dans ’n ander soort dans’

,
John Ternus en Tim Cook in Sun Valley, Idaho.
John Ternus en Tim Cook in Sun Valley, Idaho. Foto: Kevin Dietsch, Getty Images.

John Ternus het verlede week as Apple se uitvoerende hoof oorgeneem. Hy neem die leisels oor van ’n maatskappy wat die slimfoonmark oorheers, maar wat by sy mede­dingers agterbly wat kunsmatige intelligensie (KI) betref.

Een van sy grootste uitdagings sal wees om die maatskappy se afhanklikheid van China te balan­seer, terwyl hy terselfdertyd die skerp politieke druk van die ­Withuis die hoof bied.

Met hierdie oorhandiging kom ook ’n einde aan Tim Cook se termyn van 15 jaar.

Dié bedryfspesialis, wat Apple se voorsieningsketting gebou het, word vervang deur die ingenieur wat die hardeware ontwikkel het.

Ternus (51) het in 2001 by Apple se ontwerpspan aangesluit en opgang gemaak tot senior vise­president van hardeware-ingenieurswese, waar hy aan Cook verslag gedoen het.

Hy lei die ingenieurspanne agter Apple se volledige produkreeks, insluitend die iPhone, wat die grootste deel van die maatskappy se inkomste genereer.

Hy kry skaars ’n week om sy voete te vind, aangesien Apple op 9 September sy jaarlikse iPhone-­geleentheid hou, waar hulle na verwagting hul eerste opvoubare selfoon gaan bekendstel.

“Tim Cook het die huis in uitstekende orde agtergelaat,” sê Dan Ives, ’n vennoot en die senior besturende direkteur by die beleggingsfirma Yorkville Ives & Co.

“Maar nou gaan dit daaroor dat Ternus die hoofstuk oor KI definieer.”


Kategorieë: ,

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos