AfD wen historiese verkiesing in Duitsland

Duitsland.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Duitsland se regse AfD het ’n historiese oorwinning in die deelstaat Sakse-Anhalt behaal en met 43,8% van die stemme die grootste party in die deelstaat geword. Dit is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat ’n verregse party ’n Duitse deelstaatverkiesing wen.

Die AfD het egter nie genoeg setels gekry om alleen te regeer nie. Die party het 39 van die 83 setels gewen – drie kort van die 42 wat vir ’n volstrekte meerderheid nodig is.

Kanselier Friedrich Merz se CDU het ’n groot terugslag beleef en slegs 17,2% van die stemme gekry.

AfD se kandidaat, Ulrich Siegmund, het die uitslag as ’n historiese oomblik beskryf en gesê die kiesers het die party ’n duidelike mandaat gegee om te regeer.

Die uitslag plaas nou druk op Duitsland se gevestigde partye, wat tot dusver geweier het om met die AfD saam te werk. Dit beteken dat die vorming van ’n nuwe regering in Sakse-Anhalt waarskynlik ingewikkelde onderhandelinge sal verg.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos