KYK: Bokke met groot fanfare in VSA verwelkom

Bok-kaptein Siya Kolisi groet van die aanhangers in Amerika.
Bok-kaptein Siya Kolisi groet van die aanhangers in Amerika. Foto: Skermgreep.

Die Greatest Rivalry se toetse in Suid-Afrika het Saterdag op dramatiese wyse tot ’n einde gekom toe die Bokke die All Blacks in die derde toets met 29-24 in Johannesburg geklop het.

In ’n byna volgepakte FNB-stadion kon meer as 80 000 aanhangers toekyk hoe hul helde eindelik in dié reeks voorloop. Hoewel die Bokke nou nie meer die reeks kan verloor nie, sal hulle steeds komende Saterdag se vierde toets in Baltimore, Amerika, wil wen om seker te maak dat die volledige trofee terug huis toe kom.

Sou die Kiwi’s wen, sal die reeks 2-2 eindig en sal beide spanne met ’n helfte van die trofee gelukkig moet wees.

“Dit is nie die beste wat ons gespeel het nie,” het Kolisi ná die wedstryd gesê.

“Ek dink ons het in die eerste wedstryd beter gespeel as in die afgelope twee wedstryde. Ons het net nie ons kanse benut nie.

“Maar hoe meer ons saam speel, hoe beter raak dit. Baie van ons speel al lank saam, maar dit beteken nie jy gaan outomaties as ’n span saamvloei wanneer jy die veld betree nie.

“Ek dink steeds daar is nog baie wat ons beter kan doen, want ek het al gesien waartoe ons in staat is wanneer ons op ons beste is.”

In Amerika was Bok-ondersteuners verheug om hul helde in hul land te verwelkom. Video’s het wyd aanlyn versprei waar die Bok-swaargewigte as helde ontvang word. In van die video’s kan gesien word hoe talle Bokke met Roelf Meyer, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Washington DC, bladskud. 

Ja, die Bokke kan dalk nie meer die reeks verloor nie . . . maar duisende aanhangers in Amerika én miljoene in Suid-Afrika sal vir die Bokke skree om met ’n oortuigende 3-1 te wen.

  • Afskoptyd is Saterdag om 23:00 (SA tyd).

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos