Van ’n poloveld in Glenville New York met 29 toeskouers in 1981 tot vanaand se vierde en laaste toets in die Greatest Rivalry-reeks in die M&T-stadion in Baltimore voor meer as 70 000 rugbygeesdriftiges – dit is hoe die verhaal van Springbokrugby in Amerika ontvou.
Divan Serfontein, voormalige Springbok-skrumskakel wat in New York gespeel het, deel sy herinneringe van die wedstryd met Die Papier. “Ek onthou ons was veronderstel om die Saterdag te speel, maar dis vervroeg na die Vrydag.
“Ons moes in klein groepies na ’n poloveld vertrek om te voorkom dat betogers ons agtervolg. Die reserwes moes help om die pale op te rig en die lyne te verf.
“Ek onthou ook hoe ons in ’n perdekamp tussen die mis moet litte losmaak. Ons het darem die wedstryd 38-7 gewen.”
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
