Nuwe boek laat Oscar-diskoers weer opvlam

Oscar Pistorius tydens sy verhoor in 2014. Foto: Gallo Images.
Oscar Pistorius tydens sy verhoor in 2014. Foto: Gallo Images.

Henke Pistorius, Oscar Pistorius se pa, sê daar is steeds mense wat Oscar kritiseer. “Jy besef dis ’n minderheid,” het hy gesê en bygevoeg dat sommige van Oscar se kritici volgens hom “net mooi niks” tot die gemeenskap bydra nie, terwyl Oscar en ander mense “fenomenale bydraes” gemaak het – nie net in sport nie, maar ook op menslike vlak.

Volgens hom was daar “soveel dinge wat verkeerd is en anders moes gewees het” en was die proses volgens hom “so onregverdig”.

Hy het verder gesê daar was “ ’n lys en ’n lys en ’n lys” van probleme en beskryf die beweerde misbruik van posisie as “grensloos”.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos