Afrigter vier Junior Bokke se ‘deursettingsvermoë en groei’

Yaqeen Ahmed van Suid-Afrika druk ’n drie teen Australië.
Yaqeen Ahmed van Suid-Afrika druk ’n drie teen Australië. Foto: Richard Huggard/Gallo Images.

Die Junior Springbokke het Sondagaand hierdie jaar se o. 20-Rugbykampioenskap op oortuigende wyse beklink toe hulle Australië met 56-17 oorrompel het by die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha.

Hoewel hulle steeds teen Nieu-Seeland moet speel, het hulle reeds genoeg punte versamel om as die wenners van die toernooi bekroon te word.

“Daar was ’n groot verbetering,” het Foote gesê. “Ek dink die hele groep het gewys wat dit beteken om vir Suid-Afrika te speel. Ons het deursettingsvermoë gewys en ek is ongelooflik trots op almal,” het hoofafrigter, Kevin Foote gesê.

Hy het kaptein Riley Norton en ander leiers in die span geloof vir die toon wat hulle deur die week aangegee het en hul fokus tydens ’n drukwedstryd: “Ons voorbereiding was uitstekend, en die leierskap van Riley en die senior ouens was baie goed,” het Foote verduidelik.

“Van hoe ons ’n jaar gelede op dieselfde aand gevoel het, was daar baie motivering vir hierdie wedstryd.”

Hoewel fisieke oorheersing ’n kenmerk van Junior Bok-rugby bly, glo Foote dié groep het ’n meer volledige en samehangende identiteit ontwikkel danksy die tyd wat hulle sedert die begin van die jaar saam gespeel het.

“Ons DNS is fisiekheid, maar dit is ook vaardigheid,” het hy gesê. “Jy sien die fisiekheid by die afbreekpunte en hoe ons wil speel. Hierdie span speel met trots.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie