Binnelandse sake, banke werk saam om frustrasie in lang toue te verminder

Banke en die departement van binnelandse sake het kragte saamgesnoer om rye by hul kantore te verkort.

Sommige mense kan werklik aan niks erger dink as om ’n ry by ’n binnelandse sake se kantoor te gaan sit nie. Afsprake is weke vooruit vol bespreek en ’n instap besoek verseker nie altyd sukses nie, maak nie saak hoe lank jy in die ry sit nie.

Dus is die departement van binnelandse sake se digitale vennootskap met banke as oorwegend positief ervaar. Dit sal mense in staat stel om direk by uitgesoekte banke vir hul Slim-ID-kaarte aansoek te doen.

Die vennootskap het Sondag amptelik in werking getree, ’n stap wat hopelik onnodige frustrasie weens oorvol kantore, personeeltekorte en herhalende stelselprobleme sal verminder.

Die departement van binnelandse sake het Maandag in ’n verklaring gesê dat die stelsel bake in staat stel om direk op ’n veilige wyse met hul stelsels te koppel.

  • Lees die volledige aritkel op NovaNews

Dit sal dit moontlik maak dat aansoeke moontlik binne vyf tot 10 minute verwerk kan word sonder dat papiervorms voltooi of vooraf besprekings gemaak hoef te word.

Dié diens is tans by nege banktakke beskikbaar en sal tot 17 takke toeneem soos die week verloop.

Tans is dit slegs Capitec- en Standard Bank-takke wat ingesluit word, terwyl FNB besig is met sy laaste toetsproses voordat dit ook die diens sal aanbied.

Sekere mense is al gewoond aan die idee van ’n klein binnelandse sakekantoor in uitgesoekte banktakke, maar dié nuwe model gaan dié sisteem vervang juis omdat die takke dan direk met die departement se stelsel gekoppel is.

Die takke waar die diens hierdie week beskikbaar sal wees, is:

Capitec

  • Orange Farm, Eyethu-winkelsentrum
  • Howick
  • Swellendam
  • Sandton City
  • Kathu Village-winkelsentrum
  • Matoks
  • Hermanus
  • Jeffreysbaai, Fountains-winkelsentrum
  • Pietermaritzburg
  • Tygervallei
  • Stellenbosch
  • Vredenburg
  • Kaapstad, V&A-waterfront

Standard Bank

  • Soweto, Maponya-winkelsentrum
  • Rosebank
  • Westgate-winkelsentrum
  • Parow


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie