Bok-toets: Petaia terug in Australië se oefengroep wat ervaring en jong bloed balanseer

Australië het hul oefengroep vir die Bok-toets bekendgemaak.
Australië het hul oefengroep vir die Bok-toets bekendgemaak. Foto: Facebook/Wallabies.

Die Rugbywêreld in Australië is net meer as ’n jaar weg. ’n Toets teen Suid-Afrika is net minder as twee weke weg . . . Australië se afrgiter Les Kiss het dus ’n oefengroep aangekondig wat jeugdigheid met terugkerende ervaring kombineer. Die losskakel Harry McLaughlin-Phillips is die enigste nuweling en die terugkerende Jordan Petaia het die meeste aandag trek.

McLaughlin-Phillips, die 22-jarige spelmaker van die Western Force, is Maandag vir die eerste keer tot die Wallabies-groep opgeroep nadat Carter Gordon vroeër vandeesmaand sy been in Australië se wedstryd teen Argentinië gebreek het. Petaia trek intussen vir die eerste keer sedert 2023 weer die goue trui aan nadat sy droom om in die NFL te speel op die harde werklikheid van Amerikaanse voetbal se streng keuringsproses gestrand het.

Britse en Ierse Leeus se Henry Pollock druk ’n drie terwyl Harry McLaughlin-Phillips hom probeer keer.
Britse en Ierse Leeus se Henry Pollock druk ’n drie terwyl Harry McLaughlin-Phillips hom probeer keer. Foto: Brenton Edwards / AFP.

“Ons het oor die afgelope vier toetse meer oor onsself as groep geleer en ons weet daar is nog baie werk om te doen voordat ons bereik waar ons wil wees,” het Kiss gesê. “Suid-Afrika is al lank die maatstaf in wêreldrugby en ons word gemotiveer deur die uitdaging om hulle oor twee weke op ons eie grond aan te pak.”

Australië se oefengroep vir die Bok-toets.

McLaughlin-Phillips gryp sy kans aan

Geleenthede in professionele rugby kom selde op ’n skinkbord, maar Carter Gordon se besering teen Argentinië het ’n deur oopgemaak waardeur McLaughlin-Phillips nou moet storm. Die 22-jarige losskakel van die Western Force het deurgaans in Super Rugby Pacific beïndruk.

Om die Wallabies se nommer 10-trui aan te trek, bring enorme druk mee. Die losskakel stuur die aanval, beheer gebiedsvoordeel en moet binne oomblikke besluite neem wat bepaal of balbesit in punte of balverliese omskep word. Teen Suid-Afrika se goeie verdedigingstelsel en fisieke voorspelers word daardie besluite selfs belangriker.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos