Bokke stel top-ontleder van Wallis aan om breierspan te versterk

Bok-breier, Rassie Erasmus.
Bok-breier, Rassie Erasmus. Foto: Gallo Images.

Die afrigterspan van die Bokke het ’n gesogte prestasie-ontleder by hul groep reeds gesoute rugbybreine gevoeg.

Die voormalige tegniese ontleder van Engeland en klubspanne die Scarlets en Ospreys, Joe Lewis, sal voortaan die Bokke help om hul voorsprong op internasionale vlak te behou én selfs te vergroot.

Lewis sal voor die internasionale seisoen, wat hierdie jaar die nuwe Nations-kampioenskap en Greatest Rivalry-toer insluit, by die span aansluit.

Hy was Engeland se hoofontleder van 2017 tot 2021 en ’n seniorontleder daarna tot hul onlangse Sesnasies-veldtog.

LEES | Mzansi Rugby Wrap: Will Embrose receive a Bok call, error counts remain a major concern

“Ons is verheug om Joe by die Springbok-span te verwelkom,” het Rassie Erasmus, Springbok-hoofafrigter, gesê.

“Gegewe sy uitgebreide ervaring in tegniese en prestasie-analise op internasionale- en klubvlak, glo ons hy sal groot waarde tot die groep toevoeg terwyl ons voorberei vir ’n besige en opwindende seisoen, en verder vorentoe na die Rugbywêreldbeker in 2027,” het Erasmus gesê.

“Sy rolle het hom waardevolle ervaring op die hoogste vlak van die spel gegee: by onder andere die Rugbywêreldbeker in 2019, die Sesnasies en die Autumn Nations Cup, en ons twyfel nie dat hy sorgeloos by ons span sal inskakel nie.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie