Codie Taylor keer ná ’n besering terug om die All Blacks Saterdag teen die Bulls as kaptein aan te voer.
Taylor, wat nog nie op toer gespeel het nie, sal as haker begin, terwyl breier Dave Rennie Beauden Barrett as heelagter en Leroy Carter saam met Josh Moorby op die vleuels ingesluit het.
Daar is ook ’n geleentheid vir Rieko Ioane op buitesenter ná Billy Proctor se toer met ’n besering beëindig is, met Anton Lienert-Brown op binnesenter. Die jong Josh Jacomb begin op losskakel, terwyl Cortez Ratima as skrumskakel uitdraf.
Super-skrumskakel Cam Roigard is steeds nie in die groep ingesluit nie en het nog nie op toer gespeel nadat hy hom moes onttrek aan die span wat teen die Sharks sou speel.
Saterdag se wedstryd skop om 19:00 af.
Die All Blacks-span
15 Beauden Barrett, 14 Leroy Carter, 13 Rieko Ioane, 12 Anton Lienert-Brown, 11 Josh Moorby, 10 Josh Jacomb, 9 Cortez Ratima, 8 Peter Lakai, 7 Anton Segner, 6 Simon Parker, 5 Patrick Tuipulotu, 4 Fabian Holland, 3 Tyrel Lomax, 2 Codie Taylor (kaptein), 1 Xavier Numia.
Plaasvervangers: 16 Samisoni Taukei’aho, 17 George Bower, 18 Siale Lauaki, 19 Josh Lord, 20 Wallace Sititi, 21 Kyle Preston, 22 Timoci Tavatavanawai, 23 Emoni Narawa.
