Dit was die mense in die straat, die vlae, die gedruis van die stadion – die besef van die belangrikheid van die Boktruie.
Dís hoe die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer die toets in 2012 in die FNB-stadion teen Nieu-Seeland onthou. “Dit is ’n ongelooflike plek om ’n toetswedstryd te speel. Die eerste ding wat jou tref is die grootte van die stadion.
“Die skare voel steeds naby aan die speelveld en die energie is ongelooflik met die geraas van die ondersteuners wat soos ’n golf deur die stadion trek.”
Volgens Meyer het die busrit na die stadion soos ’n nasionale gebeurtenis gevoel. “Die trots, passie en energie was tasbaar. Die ondersteuners gee jou ongelooflik baie energie, maar die groot uitdaging is egter om nie toe te laat dat die geleentheid te groot raak nie. Jy moet besef die ondersteuners kan nie die wedstryd namens jou wen nie.”
Ten spyte van die geesdrif en ’n see van groen-en-goud, kon Suid-Afrika egter nog nie een van die twee toetse teen die All Blacks, wat hier gespeel is, wen nie.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
